n Duisend Soene

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Gee my 'n bietjie van jou om vanaand in my koffer te pak

Gee my jou glimlag, ek hou dit styf in my sak

Gee my 'n woord uit jou mond

Waarmee ek vir jou 'n lied kan sing

Want ek gee jou dit als 'n honderd keer

Vir elke soen gee ek nog een meer

Wag net hier vir my

Want ek kom terug om by jou te bly



[Koor]

Ek bring 'n duisend soene

Net vir jou

Om vir altyd en ewig by jou te hou

Tot ons weer ontmoet

Tot ek jou weer groet

Los ek al my soene vir jou

Ons is eenkeer jonk

Kan net eenkeer lewe

Om eedag als te onthou

Ek gee vanaand my liefde my hart

En 'n duisend soene vir jou



Gee my jou hande om my vas te hou in 'n donker nag

Die kyk in jou oë wat die kind in my kan laat lag

Al staan jy hier en ek staan daar

Elke oomblik saam kan ons bewaar

Wag net hier vir my

Want ek kom terug om by jou te bly



[Koor x2]

Ek bring 'n duisend soene

Net vir jou

Om vir altyd en ewig by jou te hou

Tot ons weer ontmoet

Tot ek jou weer groet

Los ek al my soene vir jou

Ons is eenkeer jonk

Kan net eenkeer lewe

Om eedag als te onthou

Ek gee vanaand my liefde my hart

En 'n duisend soene vir jou



Ek gee vanaand my liefde my hart

En 'n duisend soene vir jou