Alles Wat 'n Kind Wil Hê

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Waar, waar kry ek woorde om dit te sê

Hoe kan ek ooit vertel wat diep binne lê

Waar kry ek die woorde om dit te sê

Ek kan net sê, mamma jy is alles wat 'n kind wil hê



Met my eerste asemteug, was jy daar

Jy't my opgetel as ek val, jaar na jaar

En teen jou hart het jy my vasgehou

Sê ek dit dalk min, mamma, dan sê ek dit nou vir jou



[Koor]

Jy is die engel aan my sy

Ek sou nooit 'n beter ma kon kry

Soos jy, liewe mamma, net soos jy

Nooit voel ek koud en alleen

Jou vlerke is oral om my heen

Want mamma, jy is alles wat 'n kind wil hê



Soms is jy nie naby nie maar tog ook nie ver nie

Want mamma, sien ek nie jou glimlag in elke ster nie

En elke aand sê ek dankie Liewe Heer

Vir 'n ma soos myne wat my alles van die lewe kan leer



[Koor x2]

Jy is die engel aan my sy

Ek sou nooit 'n beter ma kon kry

Soos jy, liewe mamma, net soos jy

Nooit voel ek koud en alleen

Jou vlerke is oral om my heen

Want mamma, jy is alles wat 'n kind wil hê



Swaar waar kry ek woorde om dit te sê,

Mamma jy is alles wat 'n kind wil hê

Ek kan dit sê, mamma jy is alles wat 'n kind wil hê