Altyd Daar

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

As ek vandag moet terugkyk op my lewenspad

Dan sien ek al die draaie, elke kronkelpad

Die spore van my lewe is lankal reeds bepaal

Elke tree vertel 'n ou verhaal

Elke afdraaipaadjie sien ek duidelik raak

Maar deur dit alles Heer het U oor my gewaak

En oral in die donker het U my weer kom haal

Want U weet, elke kind kan soms verdwaal



[Refrein]

Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou

En sonder dat ek weet het U genade my omvou

Al my lewensdrome het U in U hand bewaar

Liewe Heer, U was nog altyd daar



Ek sien dit in die stille waters van die see

Ek sien dit in 'n kind se oë, sy eerste tree

Hoe kan die wat nie wil glo in ongeloof bly staar

Liewe Heer, want U was nog altyd daar



[Refrein]

Sonder dat ek weet het U my altyd vasgehou

En sonder dat ek weet het U genade my omvou

Al my lewensdrome het U in U hand bewaar

Liewe Heer, U was nog altyd daar