Bulle Bo!

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Bulle bulle bo! Bulle bulle bo!



Ons was almal moedeloos

Ons het altyd staan en bloos

My hart het my maar elke keer getroos

Vergeefs het ons probeer

Maar die wiel draai weer 'n keer

Kyk om jou rond en sê my wat gebeur



[Refrein]

Bulle bulle (bo!) Dis net die bulle (bo!)

Ek dra jou altyd in my hart

Bulle bulle (bo!) Ons staan by julle

Sê maar wat jy wil ek bly 'n bul



Ou wp het gaan lê

Dis wat ek altyd nog wou hê

Dis lekker om te sê wat ek wil sê

Die sharks is oor die muur

En 'n cheetah is baie suur

Want die currie cup se plekkie is nou hier



[Refrein]

Bulle bulle (bo!) Dis net die bulle (bo!)

Ek dra jou altyd in my hart

Bulle bulle (bo!) Ons staan by julle

Sê maar wat jy wil ek bly 'n bul



Waar is die leeus dan nou

Hulle liggie brand maar flou

Pik hulle dalk 'n traantjie in die mou

Nou kan jy my maar glo

Kom ons sing dan almal so

Want die bulle die bulle bly maar bo!



[Refrein x3]

Bulle bulle (bo!) Dis net die bulle (bo!)

Ek dra jou altyd in my hart

Bulle bulle (bo!) Ons staan by julle

Sê maar wat jy wil ek bly 'n bul



, o het ek jou gesê ek bly 'n bul

Mmm sê maar wat jy wil, ek bly 'n bul!