Dagboek Van 'n Ma

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Soms kan ek vir ure net verwonderd na jou kyk

As jy speel en lag van pure plesier

Soms kan ek in stilte net na jou gesiggie kyk

Dan weet ek jy is van bo gestuur

Mamma, tyd gaan gou verby en vinnig word ek groot

Ek wens ek kon nog sit hier op jou skoot

Jou lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer

Om hoog te vlieg is wat ek jou wil leer

Sweef saam met my op die rug van die wind

En ek sal jou wys waar jou hart is my kind

Als kan vergaan maar my liefde bly staan

Want jou hart is aan myne gebind

[Koor]

Ek is hier as jy 'n vriend wil hêt wat saam kan lag en huil

Ek is hier, ek hou jou altyd vas, en ek sal dit nooit verruil

Ek is hier om elke traan te vee, en alles te kan gee

Ek is hier, my kind, ek is hier

As ek dan eendag weggaan, na die huis vir jou en my

Mamma, sal ek jou altyd onthou

Daar waar ek vir jou wag sal jy by my kom bly

En ek weet dat God Sy hand oor jou sal hou

Sweef saam met my op die rug van die wind

En ek sal jou wys waar jou hart is my kind

Als kan vergaan maar Sy liefde bly staan

Want jou hart is aan myne gebind

[Koor]

Hy is hier as jy 'n Vriend wil hê, wat saam kan lag en huil

Hy is hier, Hy hou jou altyd vas, en Hy sal dit nooit verruil

Hy is hier om elke traan te vee, en alles te kan gee

Hy is hier, my kind Hy is hier

Ek is hier....