Dis Nou Te Laat

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Dis nou te laat dis klaar verby

Hoe lank het ek gewag jy weet jy kon my kry

Maar dis te laat jy kan maar omdraai

Stap verby weg van my



Jy vra hoekom kan ons nie weer probeer

'n laaste keer, dis net te seer

Hoeveel nagte het ek omgehuil oor jou

Dis als verbrou waar staan ek nou



[Refrein]

Kyk dan in my oë as ek sê dit was te laat

Jy kan my maar glo wat ek wil hê

Dit maak nie saak nie

Niks wat jy probeer gaan my hou

Dis nooit of nou

Ooh dis nou te laat



Sou dit dan werk as ek weer vergewe

Maar ek weet my lewe het ook dalk 'n beter rede

As jy net wou as jy net luister

Sou jy sien wat jy verdien



Jy staar jou teen jou eie mure blind

Net soos 'n kind, heel verblind

Jou wêreld draai nog altyd net om jou

Jy't als verbrou ek's klaar met jou



[Refrein]

Kyk dan in my oë as ek sê dit was te laat

Jy kan my maar glo wat ek wil hê

Dit maak nie saak nie

Niks wat jy probeer gaan my hou

Dis nooit of nou

Ooh dis nou te laat



Na na na na na,dis nou te laat

Na na na na na,dis nou te laat



[Refrein]

Kyk dan in my oë as ek sê dit was te laat

Jy kan my maar glo wat ek wil hê

Dit maak nie saak nie

Niks wat jy probeer gaan my hou

Dis nooit of nou

Ooh dis nou te laat