Ek En Jy

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Dis jou oë, jou oë wat dit aan my doen

Dis jou mond wat ek heeldag net wil soen

Maar die glimlag wat jy elke keer gee

Wat my van my voete afvee

Dis dit wat in my gedagtes bly

Ek glo in al die woorde wat jy sê

As ek jou net vanaand by my kon hê

Maar jy staan in jou eie rigting

En van my weet jy tog so min

As ek, as ek net vir jou kon sê



[Koor]

Jy's 'n deel van my en ek sal vir altyd wag

Ek staan hier en huil en jy's die een wat lag

Sê my hoe jy oor my voel, en of jy werklik als bedoel

Ek en jy is al wat bly hier in my hart

Ek en jy



Net vir jou sal ek elke ster gaan haal

En met alles wat ek het die prys betaal

Maar is dit werd om hier te wag

Want ek staan hier elke dag en nag

Om net, om net dit vir jou te sê



[Koor x 2]

Jy's 'n deel van my en ek sal vir altyd wag

Ek staan hier en huil en jy's die een wat lag

Sê my hoe jy oor my voel, en of jy werklik als bedoel

Ek en jy is al wat bly hier in my hart

Ek en jy