Is Dit Jy

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Dit was lank gelede

Ek onthou nog jou soen

Maar ons was nog jonk

Wou nog so baie doen



Het my lewe lank altyd gewonder, geraai

Wie die regte een sou wees

Met jou foto steeds teen my kamermuur

Staan jy jare later hier



[Koor]

Is dit jy wat weer in my drome dwaal

Is dit jy

Is dit jy wat weer in my kop kom maal

Want ek dink net aan jou

Is dit jy wat my hart in jou hande hou

Is dit jy

Is dit jy wat die son weer om my sal vou

Want ek dink ja ek dink net aan jou



Soos die suidewind

Het jy deur my kom waai

In 'n oogwink

Het jy als omgedraai



Toe jy my kom groet met jou glimlag soet

Kon ek dit in jou oë lees

Al was dit jare terug of hier en nou

Dis bedoel om te wees



[Koor x2]

Is dit jy wat weer in my drome dwaal

Is dit jy

Is dit jy wat weer in my kop kom maal

Want ek dink net aan jou

Is dit jy wat my hart in jou hande hou

Is dit jy

Is dit jy wat die son weer om my sal vou

Want ek dink ja ek dink net aan jou