Kyk Die Lewe In Die Oë

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Is dit donker om jou, het jy moed verloor

Het die swaard van seerkry jou hart deurboor

Het die gee en die vat van die lewe jou moeggemaak

Het die winterkoue in jou hart kom bly

Het jy vergeet hoe dit voel om te glimlag

Het jy vergeet daar's tog 'n lig in elke nag

Tel op jou oë, op na bo

(Tel op jou kop, kom staan nou op!)

[Koor]

Daar's 'n plek in die son vir jou in hierdie wêreld

Daar's 'n doel en 'n rede hoekom jy nou hier is

Gaan haal jou drome en maak dit joune

As jy daarin glo, en in jouself kan glo

Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

Jy weet, as jy afval kan jy weer opklim

En as jy onder is kan jy weer oor begin

Elke storm wat jy oorleef maak jou sterker

En alles wat kon gewees het is verby

(Moenie terugkyk nie, moenie omkyk nie!)

[Koor]

Daar's 'n plek in die son vir jou in hierdie wêreld

Daar's 'n doel en 'n rede hoekom jy nou hier is

Gaan haal jou drome en maak dit joune

As jy daarin glo, en in jouself kan glo

Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

Diep in jouself is iemand wat kan aanhou

En Iemand wat jou vertroos en jou sal vashou

Draai jou nat oë uit by jou ruite

Sien die warm van die son se strale buite

Tel op jou oë, op na bo

Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë

Tel op jou kop en kyk die lewe in die oë