Meisiekind

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Hierdie dag belangrik my lief

Die fotos in my hand 'n ope brief

Hier was jy nog in die gradeklas

Klein haasbekkie met handjies skoongewas



Hier's jou kleinboet hy kon jou so pla

Geduld word mos van ma's gevra

Hier jou matriekafskeidsdans

Jou rok so mooi, o sterreglans



[Koor]

Vandag is jou troudag my meisie

Jy word 'n vrou my kind

Mag vreugde groei deur die jare

Hierdie jou dag

Toekoms wat wag

My liefste, my meisiekind



Jy gaan weg dis soos die lewe is

My meisiekind ek sal jou baie mis

Daar is plek in ons familiekring

Vir hom wat jou vreugde bring



Meisiekind dis jou huweliksfees

Ek sal nie huil ek sal net vrolik wees

Hierdie more reeds pêrelgrou

Word wakker lief die toekoms wag vir jou



[Koor]

Vandag is jou troudag my meisie

Jy word 'n vrou my kind

Mag vreugde groei deur die jare

Hierdie jou dag

Toekoms wat wag

My liefste, my meisiekind