Ons Belofte Aan Mekaar

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Ontou jy nog, ons beloftes

Twee spore wat dieselfde pad begin

Die saam besluit om een te wees

Lief te hê en getrou te wees

Met my hand styf in joune



Ek wil langs jou lê elke môre

Ek wil jou vashou elke nag

Onder sterre oor ons drome waak

En saam ons kinders groot te maak

'n Wens, my laaste wens



[Koor]

Ek wil oud word saam met jou

Ek wil my lewe aan jou wei

Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse

Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare

En jou jare begin wys

Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê

Want ek wil oud word saam met jou



'n Leeftyd is nie genoeg nie

En vir ewig is te min vir my

Dis 'n eindelose wentelbaan

Ek en jy en 'n lewe saam vir nou

En een vir altyd



[Koor]

Ek wil oud word saam met jou

Ek wil my lewe aan jou wei

Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse

Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare

En jou jare begin wys

Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê

Want ek wil oud word saam met jou