Sal Jy Onthou

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Al die ure, elke nag wat ek verby wens

Die gesigte in my drome, ek weet dis jy

Ek mis jou, die verlange laat my hart huil

Jou laaste woorde sny deur my

Dit sny deur my



Ek staan in die reën

Net ek alleen

En ek wonder, ek wonder



[Koor]

Sal jy my eendag onthou

As jou wêreld leeg raak om jou

Sal jy onthou, sal jy my onthou

As liefde sy rug op jou draai

En jy na 'n beter lewe wil blaai

Sal jy onthou

Sal jy my onthou



Ek probeer vergeet, elke foto het jou naam op

Jou glimlag bly in my, jy bly in my

Mag my woorde 'n merk in jou gedagtes los

Mag ek daar wees in jou drome

In jou drome



Môre is ook eendag

En my hart bly hoop

Maar ek vra jou, ek vra jou



[Koor x2]

Sal jy my eendag onthou

As jou wêreld leeg raak om jou

Sal jy onthou, sal jy my onthou

As liefde sy rug op jou draai

En jy na 'n beter lewe wil blaai

Sal jy onthou

Sal jy my onthou