Tingeling

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Jy praat, praat, praat net soos 'n papagaai

Dan sê jy ek hou my doof

En jy ruk, ruk, ruk jouself in 'n krul

Ja jy't mos jou eie wil



Maar vanaand as jy langs my kom lê

En jou rug op my wil draai

Dan sit ek my arm om jou lyf en sê

Onthou, onthou



[Koor]

Jy's my hart se punt

Jy's my warrelwind

Ek vrek nogsteeds oor jou

Jy gee my hoendervleis

Jy laat my hare rys

En my tone krul om oor jou

Jy's my liefste ding

Jy's my tingeling

En oulik, oulik verby

Jy's my hartedief ek het jou baie lief

En jy bly nog die een vir my



Jy maak my kop skoon deurmekaar

Ek weet nie moet ek lag of huil

Jy's altyd reg, reg, reg en ek's verkeerd

Ek kry net nooit 'n beurt



Maar vanaand as ek langs jou kom lê

En ek my rug op jou wil draai

Dan sit jy jou arm om my lyf en sê

Onthou, onthou



[Koor x2]

Jy's my hart se punt

Jy's my warrelwind

Ek vrek nogsteeds oor jou

Jy gee my hoendervleis

Jy laat my hare rys

En my tone krul om oor jou

Jy's my liefste ding

Jy's my tingeling

En oulik, oulik verby

Jy's my hartedief ek het jou baie lief

En jy bly nog die een vir my