Tsitsikamawoud

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

My hart was vasgevang Tsitsikamawoud

Net wat ek verlang Tsitsikamawoud

'n Doudruppel se glinster het aan sy baard gehang

En nou is ons twee getroud Tsitsikamawoud

[Koor]

En soos die tyd aangly

Bly hy nou hier by my

Waar die stormsrivier sy eerste water kry

Tussen die geelhoutboom en loerie se gesang

En die ou stinkhout in die Tsitsikamawoud

En soms kom van ons vriende makietie hou by ons

Dan huil die konsertina ons dans dat dit so gons

Dan dans ons een, twee, drie, die vastrap en sitees

En ons leef, ek en hy, van die hele wêreld vry

La la la la