Vlieg Hoog

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Hoër as die storms van die lewe, dis onder my

Hoër as die wind van die verlede, dis agter my

Hoër as die son, na die Lig

Ek vlieg hoog

Die pad lê gelyk en uitgestrek my lewe wag vir my

'n Reenboog vol beloftes voor want gister is verby

Al my drome, ek gaan dit haal

Want ek vlieg hoog

'n Arendsvlug op 'n vaste koers met 'n engel aan my sy

Die berge kan maar val om my want ek weet ek is vry

Ek sprei my vlerke hoer

Want ek kan

[Koor]

Hoër as die storms van die lewe, dis onder my

Hoër as die wind van die verlede, dis agter my

Hoër as die son

Na die Lig

Ek vlieg hoog

Op die wind van die Here se genade, rondom my

Hou ek my oë op die wenpaal, voor my

Hoog bo die son

Na die Lig

Ek vlieg hoog

My asem sal nie opraak nie want Sy asem is in my

Ek weet ek sal nie moeg raak nie want Sy hande dra my

As ek val tel Hy my op

En sê "Jy kan!"

Niks kan my meer bangmaak nie, niks sal my onder kry

Wat sal 'n mens aan my kan doen, want ek weet ek is vry

Ek sprei my vlerke hoer

Want ek kan!

[Koor x2]