Volmaakte Kring

Juanita Du Plessis · Other Songs - Juanita Du Plessis

Slaap, my engel, slaap

Slaap nou saggies, slaap

Ek hoop jy droom vanaand van my

Hier waar die nag sy lĂȘ kom kry

Tussen paaie wat ons skei



Hou my laaste soen

In die palm van jou hand

Hou my teen jou hart

Die verlange sal genees as jy onthou

Ek sal altyd naby wees

Al is ek ver



[Koor]

Elke weggaan maak my seer

Ek wens ek kon hier bly

Want elke oomblik sonder jou

Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd

Wat jou sal terugbring

Al die die myle tussen ons

My kompas voltooi

Die volmaakte kring terug na jou



'n Laaste koebaai

'n Laaste groet

Ek los jou veilig in Sy hand

Sou die vulkaan in my bedaar

Kan ons vashou aan mekaar

Want ek kom terug



[Koor]

Elke weggaan maak my seer

Ek wens ek kon hier bly

Want elke oomblik sonder jou

Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd

Wat jou sal terugbring

Hierdie kompas in my hart

Lei altyd terug na jou